Please click here to leave an anniversary message (in any language you choose). You do not need to be a member of Lowlands-L to do so. In fact, we would be more than thrilled to receive messages from anyone. Click here to read what others have written so far.
What’s with this “Wren” thing?
The oldest extant version of the fable
we
are presenting here appeared in 1913 in the first volume of a two-volume anthology
of Low
Saxon folktales (Plattdeutsche
Volksmärchen “Low German Folktales”)
collected by Wilhelm Wisser (1843–1935). Read
more ...
Afrikaans (Standard Variety)
Listen to
this translation (with native pronunciation):
Die bostinktinkie het sy nessie in die veld gehad. Eendag was die ouers saam uit die nes om vir hulle kinders kossies te gaan soek, en hulle het die kinders heeltemal alleen in die nessie agtergelaat.
Na ’n rukkie kom die tinktinkie pappa weer terug.
“Wat het hier dan gebeur?” vra hy. “Wie het julle iets aangedoen, kinders? Julle
lyk heeltemal verskrik!”
“Ag, Pappa,” sê hulle, “daar het nou net ’n groot paaiboelie hier verbygekom.
Hy het so wreed en aaklig gelyk! Hy het met sy groot oë in die nes ingestaar.
Dit het ons só bang gemaak!”
“O ja,” sê die pappa, “en waar is hy nou heen?”
“Wel,” sê hulle, “hy is soontoe.”
“Wag maar,” sê Pappa tinktinkie, “ek gaan hom agterna sit. Wees julle maar stil, ek sal hom kry.”
En met dié, vlieg hy die gedierte agterna.
Toe hy om die draai kom, is dit leeu wat daar stap.
Maar tinktinkie is nie bang nie. Hy land op die leeu se rug en begin hom uit te skel.
“Wat kom loop soek jy by my nes,” vra hy, “en maak my kinders bang?!”
Die leeu steur hom aan niks nie en stap doodluiters aan.
Nou gaan die astrante kêreltjie nog eers tekere! “Ek sê jou, jy het daar niks verloor nie! En as jy terugkom,” sê hy, “dan sal jy sien! Ek wil nie graag nie,” en hy tel sy een been op, “maar ek trap sommer jou rug morsaf!”
Daarop vlieg hy terug na sy nes.
“So ja, kinders,” sê hy, “dit sal hom leer. Hy sal wragtig nie weer terugkom nie.”