Lowlands-L • a discussion group for people who share an interest in languages and cultures of the Lowlands
Lowlands-L

Make a choice...

Home

Free subscription

Language varieties

Rules & Guidelines

Disclaimer

Resources

Publications

Recommended now!

Anniversary

History

Traditions

Travels

Beyond the Pale

Gallery

The Crypt

Members’ Links

Lowlands Shops

Facebook

Language of the day

Welkom by Lowlands-L!This page is in Afrikaans.



Welkom by Lowlands-L!

Lowlands-L is ’n geoutomatiseerde wêreldwye elektroniese poslys vir diegene wat belangstel in die tale en kulture van die Lae Lande naasliggend aan die kus van die Noord- en Oossee (hierna “Lae Lande” genoem). Lowlands-L gebruik die Listserv by LINGUIST. Die eienaar is Reinhard (Ron) Hahn.

Inskrywing is gratis.

Lowlands-L is veral gerig op die Germaanse tale en hul verwante kulturele omgewings soos wat dit in die Lae Lande ontwikkel het (Nederlands, Seeus, Fries, Nedersaksies [Nederduits, Platduits], Limburgs), en op die tale en kulture wat ’n geskiedkundige band het met hierdie tale en wat elders gebruik word (laelandse tale van emigrante, en pidgins en kreoolse tale wat hierop gegrond is). Ook ander tale en kulturele omgewings kan binne hierdie verband aangehaal word.


Die belangrikste doelstellings van Lowlands-L

  • die vergemakliking van wêreldwye kommunikasie en samewerking tussen diegene wat belangstel in die tale en kulture van die Lae Lande

  • die bevordering en vereenvoudiging van navorsing oor en onderwys in die tale en kulture van die Lae Lande

  • bevordering van die gebruik van taalkundige en kulturele gegewens m.b.t. die Lae Lande vir meer algemene navorsing

  • ondersteuning van pogings om die kleiner en bedreigde tale en hul dialekte binne die Lae Lande te beskerm, uit te bou en te bevorder

  • om aandag te skenk aan die kleiner tale en kulture binne die Lae Lande, ingeslote dié wat nie amptelik erken word nie

  • as ’n forum dien vir die verkenning van gemeenskaplike en uiteenlopende kenmerke van die tale en kulture van die Lae Lande

  • geleenthede te bied vir kommunikasie in verskillende, dog onderling verstaanbare tale deur meertalige gesprekke

  • taalkundige, kulturele en sosiale bande te versterk tussen sprekers van die tale van die Lae Lande, hul afstammelinge en hul vriende

Listserv instructions should be consulted in cases of problems. The owners should be contacted only if all other measures fail. Specific questions sent to Listserv will be ignored.


Etiket

  • Alle bydraes tot Lowlands-L moet beleefd en vriendelik van aard wees;

  • Lowlands-L is nie bedoel vir persoonlike kommunikasie nie. Dit moet asseblief deur middel van persoonlike e-pos geskied;

  • Besprekings van publikasies, programmatuur, konferensies, programme of vakatures word toegelaat, maar kommersiële bydraes word nie toegelaat nie;

  • Die resultate van ondersoeke wat deur middel van Lowlands-L gedoen is moet asseblief in opgesomde vorm gepos word met erkenning aan almal wat daartoe bygedra het;

  • Dit staan u vry om enige taal op Lowlands-L te gebruik, hoewel voorkeur gegee sal word aan Afrikaans, Seeus, Nederlands, Fries (alle vorme), Nedersaksies, Limburgs, Engels en Skots;

  • Verwys na Listserv aanwysings indien u probleme ondervind. Skakel met die eienaars slegs indien alle ander pogings misluk. Spesifieke vrae aan Listserv sal ignoreer word.
  • Reëls en riglyne (in Engels)
  • Vrywaring (in Engels).

Translators: Fanie de Meillon, Hoepel Scheepers, Willem Oosthuizen, Leendert van Oostrum, Rudi Vári and Elsie Zinsser

XXX: YouPorn - FullTeenXXX.Com - Google: XXX
© R.F. Hahn, 1995 · Phileon Webdesign
Lowlands-L Online Shops: Canada · Deutschland · France · 日本 · UK · USA