Nedersaksies

Taalgroep
Indo-europees / Germaans / Wesgermaans / Nederduits / Saksies (met enkele Ingwaeoonse [kusgermaanse] kenmerke)

Gebied en dialekte
Nedersaksies word (ruwweg) in Noord-Oos Nederland en Noord-Duitsland gepraat. In Duitsland is Nedersaksies offisieel erken in agt noordelike deelstate (Bundesländer): Sleeswyk-Holstein (Schleswig-Holstein), Hamburg, Nedersaksen (Niedersachsen), Breme, Noordryn-Wesfale (Nordhein-Westfalen), Mecklenburg-Vorpommern, Saksen-Anhalt (Sachsen-Anhalt) en Brandenburg. Dit word ook in ‘n klein gebied in die noorde van Hessen gepraat. Oor die algemeen word hierdie dialekte wat sterk deur Duits beïnvloed is, as volg gegroepeer:

Die oostelike deel van die taalgebied het vroeër uitgesprei oor wat nou Noord-Pole is (West-Pruisies of Oospommers) tot aan dele van Rusland (Kaliningrad, Königsberg - Oos-Pruisies). Met uitsondering van Mennonitiese Wes-Pruisiese dialek (Plautdietsch) is hierdie dialekte ten ooste van Duitsland uitgestorwe.

Die dialekte in Nederland is sterk deur Nederlands beïnvloed:

Die noordelike dialekte kan beschouw word as onderdeel van die Noordnedersaksies, die res kan beschouw word as onderdeel van Wesfaals.

Die offisiële “Duitse” minderheid in Denemarke (veral in Jutland) het vroeër grotendeels Nedersaksies gepraat. Die label “Duits” het egter gelei tot taalbeleid gerig op die Duitse taal, omdat Nedersaksies in die tyd nog nie offisieel erken was nie. Administrasie, media, onderwys en kerkdienste vir die minderhede is Duits en Nedersaksies word nie aanvaar nie. As gevolg hiervan is Nedersaksies in Denemarke uitgestorwe.

Verder word Nedersaksies nog in Rusland, Oekraïne, Kasakstan, Kirgisië, Oesbekistan, Australië en Noord-Amerika gepraat. Die dialekte in Oos-Eurasië behoor tot die Mennonities “Plautdietsch.” Baie van die sprekers daarvan is kortliks gelede gemigreer naar Duitsland. Plautdietsch word ook in Noord-Amerika gepraat, waar overigens ook baie ander Nedersaksiese dialekte gepraat word, veral in die Midweste van die VS. In sommige gevalle het dit in die 19e eeu begin ontwikkel van spesifieke Amerikaanse dialekte van Nedersaksies, met sowel oue as vernuuwde elemente.

Naamgewing
Wat hier Nedersaksies word genoem, staan ook bekend onder die naam “Nederduits” (Low German), veral in relasie tot die in Noord-Duitse dialekte. Alhoewel hierdie term in Duitsland baie gebruik word, is die keuse vir “Nederduits” niet ’n goeie keuse nie.
Ten eerste, Nedersaksies is die Saksiese tak van ‘n West-Germaanse taalgroep, “Nederduits” genoem. “Nederfrankies” (Nederlands, Vlaams, Zeeus en Afrikaans) maak ook onderdeel uit van hierdie taalgroep, en is dus sterk verwant aan Nedersaksies.

Ten tweede word die term “Nederduits” (in Duits: Niederdeutsch of Plattdeutsch) deur baie Duitsers as versamelnaam gebruik vir dialekte wat toevallig in Duitsland gepraat word, maar wat histiries en taalkundig lang niet altyd verwant is. Sommige van hierdie dialekte het hul oorsprong in Oudsaksies (en moet dus Nedersaksies genoem word), maar ander is meer verwant aan Nederlands of Limburgs (hierdie tale word elders in hierdie serie beskrewe.)

Die baie gebruikte term Platt (of Plattdeutsch) of plat is nog minder presies, omdat dit kan verwys naar al die nie-standaardtalige taalvariëteite in die lae lande (inklusief Duitsland), selfs naar baie suideliker gelêe Duitse dialekte, soos Allemanisch. Bowendien, Nedersaksies en Duits het voortgekom uit twee verskillende tale: respektiewelik Oudsaksies en Oudduits. Voordat Nedersaksies in sy geheel is oorskadu en onderdruk deur Duits, het baie spreker die taal tog nog “Saksisch” genoem (sassysch, ens.) of “Nedersaksies” (nedersassysch, ens.), sommige nog tot in die 20e eeu.

Om die inkonsistensie in naamgewing “Oudsaksies > Nederduits” te verbeter, het enkele Duitse geleerde die vroeëre taal “Oud Nederduits” genoem, in die tradisie van die verduitsing. Die dialekte wat in die ooste van Nederland nog steeds gewoonlik as “Nedersasksies” aangeduid word.

Taalkundig gesien sou die mees korrekte term “Saksies” wees. Egter, hierdie term word al gebruik vir die Duitse dialekte wat gepraat word in die Duitse deelstaat Saksen (Sachsen), van oorsprong ‘n nie-Saksiese staat wat so genoem is vanweë staatkundige manoeuvers.

Teenwoordig reageer die meeste Duitsers met verbasing en afwysing op die naam “Nedersaksies” (Niedersächsisch), nie net vanweë die eeuelange heersende taalsuiweringsideeë nie, maar ook omdat die naam geassosieer word met die relatief resent (1946) opgerigte Duitse deelstaat Nedersaksen (Niedersachsen), een van die agt deelstate waar Nedersaksies gepraat word. Om hierdie rede het sommige mense begin die Nederlandse term Nedersaksies pleks van die Duitse variant Niedersächsisch, veral wanneer dit gaan om die in Nederlandse dialekte van die taal.

Geskiedenis
Daar is nie baie bekend oor die Saksen en hul taal nie van vóór Christus. Enkele runense fragmente lyk in Oudsaksies geskryf, maar dit bestaan grotendeels uit namen en gee weinig informasie. Die oudste bekende referente aan die Saksen verskyn in die administrasie van die Grieks-Egiptiese geograaf Ptolemeus in die 2e eeu vóór Christus. Kort daarna word die Saksen in Romeinse administrasie afgeskilder as pirate wat die kust van Gallië (Frankryk) en Britanje onveilig maak. Sommige Saksen het nedersettings gestig in die kusstreek van Gallië en is uiteindelik opgeneem in die lokale Romaans-Keltiese bevolking. In die middel van die 5e eeu het die Saksen begin hulle te vestig in Engeland. Uiteindelik is daar Saksiese koninkryke gestig in Suid-Engeland, waar hul taal, met invloed van ander Germaanse variëteite, ontwikkel het tot die suidelike dialekte van “Angelsaksies” of Oudengels. Daar word aangeneem dat die saksen begin het as stam of krygsmag van die Germaanse Chauci en dat hul naam, gebaseer op hun karakteristieke kort swaarde (sahs), later is dit ook gebruik vir andere stamme. Verder word aangeneem dat die huidige Holstein (in Noord-Duitsland) die oorspronklike leefgebied van die Saksen was, en dat die Saksen langsaamaan suidwaarts getrek het. Die Saksiese regio het uiteindelik bestaan uit vier stamdomeine, of provinsies: Noord-Albingia (ten noorde van die monding van die Elbe), Angria (ten suide van Nord-Albingia, Wesfale (ten weste Angria) en Oosfale (ten ooste van Angria). Hul bure was Friese langs die Noordseekus, Franke in die suide en weste en Slawe in die ooste. Elke provinsie was onderverdeel, en elke divisie het sy eie aangewese leier gehad (furest, letterlik “die eerste.”) Daar was geen heerser oor al die Saksiese gebiede nie. Die vroeëre Saksen was dus ‘n relatief losse alliansie van stamme. Dit was ‘n tipe republiek met jaarlikse byeenkomste van lokale verteenwoordigers.

In die jaar 772 het ‘n officiële Christelike alliansie onder die Frankiese keizer Karel (Karel die Grote, of Charlemagne - 742-814) Saksen die oorlog verklaar. Dis die begin van die einde van die Saksiese onafhanklikheid, as ook van sy oue religie met die oppergod Sahsnot naas die algemeen Germaanse oppergode Wodan (Odin) en Donar (Thunar.) Tien jaar, en baie veldslae later, is Saksen geannekseer, alhoewel regionaal verset bly bestaan het tot 804. Gedurende hierdie tyd is die gebiede ten ooste van die Elbe (en gedeeltelik ook enkele gebiede ten weste daarvan), wat eerder bewoon was deur Oos-Germane, binnegetrek deur Wes-Slawe (wie se voorouders noordwaarts vanuit die Balkan gemigreer het.) Die Germaanssprekendes het langsaamaan hierdie gebiede ingetrek, deur ‘n kombinasie van oorlogsvoering en kruistogte. Begin die 12e eeu het ‘n enorme migrasiegolf rigting hierdie gebiede gestroom, uit verskillende digbevolkte gebiede in Noord-Wes Europa. Germaanse taalvariëteite het langsaamaan die Slawiese vervang, maar Slawise kenmerke het bly bestaan in die dialekte van die gebiede. In sommige gebiede het ook Baltiese spore van die nou uitgestorwe (oud) Pruisiese taal agter gebly. In gebiede in die ooste van Saksen het die deur Balties, Slawies en Nederfrankies beïnvloede variëteite uitgeloop tot wat nou “Oosnedersaksies” genoem word.

Nedersaksies het ook versprei oor Friessprekende regio’s in die noordweste. In die meeste gebiede langs die Noordseekus het dit uiteindelik al die Friese dialekte vervang: in Duitsland in die gebied tussen die monding van die Elbe tot aan wat nou Nord-Friesland is, maar ook westelike rigting Ost-Friesland, Sentraal-Friesland (Emsland en dele van die regio Oldenburg), en in Nederland die grootste gedeelte van Groningen en ‘n klein deel van die provinsie Friesland. In wat nou Noord-Duitsland is, was Nedersaksies die tweede taal vir die oorgeblewe Friessprekendes. Die Nedersaksiese dialekte van al hierdie gebiede het min of meer enkele Friese kenmerke oorgeneem. In dieselfde tyd het ‘n netwerk van mees Saksies-sprekende koopmangilden uit begin groei tot ‘n grote handelsstadalliansie, bekend onder die naam “Hanzesteden”. Die magssentrum van die saamwerkingsverband tussen hierdie stede het in Saksische hawestede gelê, soos Lübeck, Hamburg en Breme. Die saamwerkingsverband het versprei langs die kus en in die binneland, naar stede soos Groninge, Nymege, Zwolle, Deventer, Kampe, Cologne, Dortmund, Osnabrück Lunenburg, Brunswick, Magdeburg, Berlyn, Wismar, Rostock, Stralsund, Danzig (Gdansk), Königsberg (Kaliningrad), Krakow, Riga, Reval (Tallinn), Visby, Kalmar en Stockholm. Hierdie alliansie het die nedersettings langs die kus van die Ooszee gedomineer en het ‘n afdelingskantoor (kontor) in Vlaandere (Brugge, 1347-1563), Engeland (Londen, 1282-1598), Rusland (Novgorod, midde 13e eeuw-1494) en Noorweë (Bergen, ca. 1360-1754). die Middelnedersaksiese taal, veral gebaseer op die dialek van Lübeck, was die internasionale handelstaal. Direk en indirek het dit die oorspronklike tale beïnvloed van verskillende gebiede, veral Skandinawies, Balties (veral Litous en Esties) en Slawies (veral Pools en Kasjubies). Dit beïnvloede ook Middelduits. In die tyd is dit gesien as ‘n eie taal met eie regte, en na die protestantse reformasie is die bybel naar Nedersaksies vertaal. Dit was toe bekend as “Saksies” en “Nedersaksies”. Egter, dit is ook “Duits” en “Nederduits” (dudesch, nederduydesch, ens.) genoem. die term “Duits” was onkorrek, omdat behalwe Saksiese dialekte ook die Middeleeuse en vroegmoderne Nederfrankiese (“Dietsch”) dialekte van Limburg, Holland, Brabant, Zeeland en Vlaandere bedoel is, en selfs ook verskillende Duitse dialekte. Ondanks die toenemende handel het die mag van die Hanzesteden verminder, en teen die einde van die 16e eeu en die begin van die 17e eeu het die saamwerkingsverband tussen die stede verval. As gevolg daarvan het die Saksiese dialekte internasionaal prestige verloor. Bowendien het ongeveer dieselfde moment die Duitse taalbeweging begin Saksen binne trek. Dit het begin met hoëre onderwysinstellings en het later uitgesprei naar aristokratiese kringe en die gegoede burgery, en ook naar baie kerke. Duits was hiermee die taal van prestige en die outogtone Saksiese dialekte het al vinnig ‘n laere status gekry. Verag deur die heersende klasse, afgewys deur die ambisieuse deel van die volk en verban uit die onderwys; Saksies was beskou as ‘n versameling van minderwaardige Duitse dialekte. Dit het dieselfde in Nederland gegaan; Nederlands het steeds meer prestige gekry en die Saksiese dialekte in die ooste van die land was beskou as “boeredialekte.” In die 19e eeu was sprake van ‘n Nedersaksiese taalrenaissance, wat beskou kan word as deel van die Europese romantiek in reaktie op die Industriële revolusie. Gelei deur skrywers en andere met boogemiddelde opleiding, het geprobeer hierdie beweging Nedersaksies weer as literêre taal in te stel en het dus begin ‘n spellingsisteem te ontwikkel. Vanaf die tyd het Nedersaksiese literatuur veral beperk tot godsdienstige, landelike, vermakende, ontroerende, nostalgiese en volkse genres en style gebly. Ernstige pogings om die taal vandag die dag en eksperimentele situasies te gebruik, het pas begin in in die jare '70 en is nog nie ver nie. Daar is nooit ‘n standaardtaal ontwikkel nie. Nedersaksies bestaan teenwoordig dus uit ‘n klomp dialekte wat op verskillende maniere geskrewe kan word; die gevolge is inkonsistente en warrig toegepaste spellingreels wat gebaseer is op die Duitse of Nederlandse standaardtaal.

Die eerste desennia na die tweede wêreldoorlog het hard aangekom vir Nedersaksies in Duitsland. Groot dele van die oostelike grondgebied het naar Pole en Rusland gegaan, en die Nedersaksies-sprekende bevolking het in Midde- of Suid-Duitsland gaan woon of het geëmigreer naar Noord-Amerika. Hul dialekte is nou uitgestowe, met uitsondering van “Plautdietsch” wat al eerder naar Oos-Europa, Siberië, Sentraal-Asië en Noord-Amerika is geëmigreer. Bowendien, toe baie Duitstalige hulleself in Noord-Duitsland gevestig het, het (die gebiede waar Nedersaksies gepraat word) hulle begin aan ‘n standaardduitse opmars deur middel van die onderwys en media, waardeur die rol van die oorpsronklike Nedersaksiese dialekte so goed as direk gemarginaliseer was. As gevolg van die Duitse taalbeleid het baie ouders daarvoor gekies om hul kinders nie in hul moedertaal op te voed nie, maar in Duits. Veral in die stedelike gebiede is die gebruik van Hoogduits as sosio-ekonomies sukses beskou. Hierdeur is baie Nedersaksiese variëteite teenwoordig bedreig, veral lewend gehou deur entoesiastelinge (meestal oue mense) aktiviste en artieste.

Aan die eind van die tweede millennium was Nedersaksies offisieel erken as “streektaal”, in Nederland in 1997 en in Duitsland in 1999. Die tyd sal ons leer hoe dit in beleid sal vertaal word, en of dit in kombinasie met resentelik iets verbeterde beeld van die taal daarvoor kan sorg dat die taal nie sal uitsterf nie.

Aantal sprekers
Die presiese aantal sprekers is nie bekend nie, omdat daar nog nooit grootskalige ondersoeke naar is gehou nie. Skattings variër tussen die 2 en die 10 miljoen. die skattings vir enkel die Nederlandse gebiede lê meestal rond die 1,5 tot 2 miljoen, skattings vir die Duitse gebied is nog baie minder presies. Baie hang af van hoe die taalkennis van sprekers word gedefinieer. Die aantal val hoër uit wanneer mense slegs korte gesprekke kan voer ook word meegetel, en kan selfs heeltemaal hoog uitval as ook mensen word meegetel wie ‘n op die Duits of Nederlands gebaseerde dialek praat met slegs enkele Nedersaksiese woorde. Die aantal 'egte' sprekers is klein en daal. Egter, in Noord-Duitsland het ‘n tendens tot stand gekom om Nedersaksies as tweede taal aan te leer.

Status
Nedersaksies is offisieel erken as streektaal in Noord-Oos Nederland (in 1997) en in Noord-Duitsland (in 1999) volgens die Europese Handves vir Streek- en Minderheidstale. Dit is egter nog nie duidelik hoe die handves verder word uitgewerk nie, en welke konkrete akties kan onderneem word.

Publieke dienste
In die gebiede waar Nedersaksies offisieel erken is, mag die taal in prinsipe oorals in elke offisiële kommunikasie gebruik word. Voorlopig bly dit egter teorie. In Duitsland word onvoldoende finansiële middels en opleidings die meeste kere as ekskuus gebruik om hierdie riglyn nie te implementeer nie.

Onderwys
Op die oomblik dien Nedersaksies nie as primêre taal in het onderwys of as verplig skoolvak nie, slegs in enkele skole word dit as keusevak aangebied. Dit word as keusevak of keuseonderwerp aangebied in ‘n klein aantal openbare scholen, pabo's en universiteite. Op universiteite word dit vernaamlik bestudeer as teoreties onderwerp, altyd in Nederlands of in Duits.

Media
Daar word en is baie literêre werke in Nedersaksies gepubliseer. Verskillende Nedersaksiese boeke en tydskrifte worden jaarliks uitgegee, die aantal het die laatste jaren net gestyg. die meeste werke val nog steeds in die kategorie 'volks' en 'komedie', maar daar word ook ernstigere werke gepubliseer. Hiedie laatste kategorie word aangemoedig deur instel van literatuurpryse. Ook word meer en meer werke uit ander tale vertaal naar Nedersaksies. Daar is enkele professionele Nedersaksiese teatergroepe en baie amateur teatergroepe. Die laatste tyd het sommige teatergroepe geprobeer om ‘n begin te maak met moderne en nie-religieuse toneelstukke nie, uit eie werk of vertaal uit ander tale. Die produksie van Nedersaksiese geluidsopnames het die laatste jare toegeneem. Die mees voorkomende is dan boeke en musiek op kassettebandjies of CD's. Naas die gewoonlike, tradisionele werk is daar ook moderne musiekoptredens, soos chansons, popmusiek en rock.

Nedersaksies het ‘n lange tradisie in radiouitsendings, veral hoorspele, voorleeswerk en religieuse preke, die laatste tyd ook steeds meer in talkshows. die taal word op televisie minder gebruik, maar daar lyk ’n klein toename te wees. Die gebruik op internet neem ook stelselmatig toe. Hierdie medium lyk goed, omdat dit sprekers, studente en ander geïnteresseerde oor die hele wêreld kan verenig.

Outeur: Reinhard F. Hahn, 2002
Vertaler: Stefan Lubbersen, 2003

Meer informasie: http://www.lowlands-l.net (Klik op “Resources” en op “Links” of “Offline Material”.)