Limburgs

Taalgroep
Indo-Europees / Germaans / Wesgermaans / Midderynlands

Gebied
Limburgs word in die twee provincies Limburg gepraat (Nederland en België), en in enkele grensdorpies in die Duitse Selfkant.

Daar is baie verskillende variante van Limburgs. Elke plek het so sy eie dialek, maar dit is onder mekaar goed verstaanbaar. Die dialekte in die noorde van Nederlands Limburg word taalkundig nie by "die Limburgse taal" ingedeel nie. Die noordgrens van die taal word naamlik by die ïk-ich isoglosse getrek." In hierdie gebied val meerdere dialekgrense saam. Dieselfde geld vir die wesgrens, in Belgies Limburg (by die "Gete-lyn"). In die ooste is ‘n vloeiende oorgang naar die Rynlandse dialete (Kerkrade-Aken, Sittard-Selfkant, Venlo-Krefeld).

[klik hier vir ‘n kaart]

Geskiedenis
Die naam ‘Limburgs’ vir die taal wat in die huidige provinsies Limburg gepraat word is nog vry jonk. Die taal is vernoem naar die provinsienaam, dit stam uit 1815. Die naam is aan die toe nog ongedeelde provinsie gegewe deur Koning Willem I. ‘n Andere moontlikheid was om die provinsie te vernoem naar die hoofstad: Maastricht. Dit het egter nooit gebeur nie.

Die Limburgse taal het ruwweg dieselfde afstamming as Nederlands en Duits, en vorm die oorgang tussen die Nederfrankiese dialekte in die weste (Nederlands) en die Sentraalfrankiese (Duitse) dialekte in die ooste. Die Limburgse taal is dus ‘n tussenposisie tussen Duits en Nederlands: dit blyk uit Middeleeuse argiewe (rekeninge en oorkondes van die Balye Alden Biezen, Maastricht, Sittard, ens.), asook literêre tekste soos die werk van Henric van Veldeke, die Aiol – fragmente, die Limburgse Sermoene en die diverse Limburgse/Ripuarische redaksies van die laat-hoofse roman van “Heinric en Margarete van Limburg”. Was, met die kardinale figuur van Henric van Veldeke, Limburgs die oudste toonaangewende variant van die Dietse taalgroep, na die opkoms van Brabant in die 13e eeu het die posisie van Limburgs in die Nederlandse skryfkultuur minder geword. Die presiese leeftyd van Limburgs is nie goed vast te stel nie, die eers bekende geskrewe vorm van die taal stam uit ongeveer 1170 (die werk van Henric van Veldeke).

Taalkundige dink dat die taalkundige verskille tussen verskillende dele van Limburg veel groter is as vroeger; rond 1200 was die taalverskil in Limburg klein, sindsdien het –wegens die afnemende kontak– die lokale verskille uitgegroei tot die huidige situasie.

Aantal sprekers
Ondersoek het aangetoon dat in Nederlands Limburg (populasie: 1.200.000) ongeveer 75% van die inwoners daagliks Limburgs praat. Hierdie persentasie is hoër in die suide en laer in die noorde en Heerlen. Die aantal sprekers in Belgies Limburg (675.000 inwoners) is nie bekend nie, maar Limburgs word daar in die gehele provinsie daagliks gepraat. Egter in ‘n beperktere skaal.

Status
Sinds 1997 is die Limburgse taal as streektaal erken deur die Nederlandse owerheid, volgens artikel 2, paragraaf 1 van die "Europese Handves vir Streek- en Minderheidstale". Hierdeur is die owerheid verplig die taal te beskerm en aan te moedig van die gebruik van Limburgs, alhoewel daar nog geen spesifieke reels is opgestel nie. Die posisie van Limburgs in die samelewing is beter dan by sommige andere streektale. Nie net die gewone volk nie, maar ook die middestand, die burgery en die elite praat die taal. Die gebruik van Limburgs werk nie stigmatiserend nie.

Openbare dienste
Limburgs word baie keer as daaglikse taal in die openbare bestuur van die munisipaliteite en by die provinsie gebruik. Ook is dit normaal dat Limburgs word gebruik in kommunikasie met die burgers. Hierdie situasie is gewens as die kloof tussen owerheid en burger verklein.

In die Katolieke kerk word Limburgs nie offisieel gebruik nie, weeëns behoudend beleid van die Rooms-Katolieke outoriteite. Egter, die taal word wel in die hele provinsie gebruik in misse en oekumeniese dienste, veral rond Kersfees, Karnaval en plaaslike hoogtydae.

Verder word die taal gebruik in hospitaals, die versorgingssektor en in kommersiële diensverlening of kulturele informasie. Telefonistes en ontvangsmedewerkers in die bedryfslewe sal, net soos byvoorbeeld polisie of medewerkers van biblioteke, Limburgs gebruik as die 'klant' dit wens.

Onderwys
Daar is geen provinsiaal onderwysprogram om die taal te in die onderwys toe te pas nie, maar Limburgs word wel baie in die klas gebruik, as omgangstaal. Op lokaal vlak is daar egter wel kleine projekte, byvoorbeeld in Maastricht, waar onderwysmateriaal in Maastrichts is ontwikkel. Daar is al eerder ervarings opgedoen in hierdie gebied, as resultaat van die sogenaamde 'Kerkrade-projek', waarin die taalsituasie in Kerkrade is onderzoek, aan die hand van die behoefte van onderwys op laerskole.

Media
Regionale en lokale radiostasions, advertensies in provinsiale nuusblade en tydskrifte gebruik die mense natuurlik baie kere Limburgs. Op die radio en die regionale televisie (L1) word baie van die programma's in Limburgs uitgesend.

Diverse
De Limburgse taal speel ‘n grote rol in die kulturele lewe. In die popmusiek word die taal al desennialang gebruik, en met sukses. Nie net binne die provinsie nie, maar ook daarbuite: sommige artieste het ‘n nasionale uitstraling. Bowendien is ‘n uitgebreide en lewendige tradisie van Limburgs kabaret. Dit varieer van seer populêre, karnaval optredens tot meer ernstige kleinkuns kabaret.

Outeur: Mathieu van Woerkom, 2002
Vertaler: Stefan Lubbersen, 2003

Meer informasie: http://www.lowlands-l.net (Klik op “Resources” en op “Links” of “Offline Material”.)