Taalgroep
Indo-europees / Germaans / Wesgermaans / Ingwaeoons (Kuswesgermaans)
Gebied
Met 'Fries' word deur die meeste mense Westlauwer Fries bedoel. Westlauwer Fries (Westlauwersk Frysk, die Fries ten weste
van die Lauwer) word gepraat in die Nederlandse provinsie Friesland en in die mees westelike dele van Groninge. Buite Nederland
word hierdie dialekte 'Wesfries' genoem, maar binne Nederland verwys hierdie naam naar die dialekte van Noord-Holland, wat van
oorsprong Hollands is (sonder enkele Friese invloede.) Sater Fries (Seeltersk), word in Saterland gepraat (Seelterlound) in die regio
Cloppenburg in die Duitse deelstaat Nedersaksen (Niedersachsen), is tot op sekere hoogte verstaanbaar vir Nederlandse Friese
mense. Noordfriese dialekte wat in die regio Noord-Friesland gepraat word, aan die weskus van die Duitse deelstaat
Sleeswyk-Holstein (Schleswig-Holstein), ’n gebied wat vroeër om en om Deens en Duits was. ‘n Noordfriese dialek word ook in die
monding van die rivier die Elbe, op die eiland Helgoland, wat sowel tot Groot-Brittanië en Duitsland behoord het. Weersydse
verstaanbaarheid tussen dialekte van die eilande en die vasteland is daar amper nie, net soos weersydse verstaanbaarheid tussen
Noord Friesland aan die ene kant en Sater Fries en Westlauwer Fries aan die ander kant. Die eilanddialekte van Noord-Friesland is
onderling ook nie baie goed verstaanbaar nie, met die uitsondering dat sprekers van die eilande Amrum en Föhr elkaar probleemloos
kan volg. Fries, veral Westlauwer Fries, leef nog voort in enkele klein emigrantegemeenskappe, met name in Noord-Amerika.
Geskiedenis
Die Friese mense is sinds ruwweg 6 tot 8 eeue volledige politieke onafhanklikheid kwyt. Egter, die oorgeblewe gemeenskappe,
inklusief enkele wie hul oorspronklike taal het verloor, hou nog steeds vas aan die idee van ‘n Friese identiteit en tradisies. Die
oorspronklike Friese leefgebied word ingeskat op die gebied tussen die Ysselmeer en die rivier die Weser (in Noord-Duitsland). Die
Friese taal en kultuur het homself uitgesprei langs die Noordseekus vanaf België tot die suidelike deel van Jutland in Denemarke,
alhoewel dit onduidelik is in hoeverre die huidige Friese afstam van die toemalige Friese stamme. In die oorgrote deel van hierdie
kusgebied word daar nie langer die Friese dialekte gepraat nie, maar die taal is daar vervang deur Vlaams, Zeeus, Hollands,
Nedersaksies, Duits, Suid-Jutlands (Sønderjysk) en Deens.
Lang gelede is in Emsland, Oos-Friesland en die noordelike dele van die regio Oldenburg (als in die huidige Duitse deelstaat
Nedersaksen) is Fries vervang deur Nedersaksies (wat nou weer vervang lyk te word deur Duits.) Egter, ‘n klein oorblysel van
Oos-Fries bly oorlewe ten suide van Oos-Friesland in Saterland in die regio Cloppenburg. Nou bekend as 'Sater Fries', is dit daar
aangekome deur Rooms-Katolieke, wat gevlug het vir die Luterse Reformasie. Tot nie al te lang gelede was die sprekers -beskouw
as die kleinste taalenklave van Europa- hulle was alleen nie bewus van die feit dat hulle taal van Friese oorsprong was.
Die mense dink dat Fries vir die eerste keer aan die weskus en die eilande van Sleeswyk-Holstein aan gekom het rond die jaar 700,
en het saamgesmelt met lokale Germaanse dialekte, waarmee dit toe waarskynlik weersyds verstaanbaar was. Die Noord-Friese
dialekte van die vasteland en van die wadde-eilande word beskouw as bewys vir ‘n immigrasiegolf wat ongeveer twee of drie
eeue later gevolg het. Net soos Saterland verwant, was die taal van die Noord-Friese eilande vry geïsoleer en was die spreker
nie bewus van die verwantskap met andere Friese variëteite nie. Hulle het die bewoners beskouw van die vasteland aan die kus as
Friese, en het hulle taal enkel met die omliggende eilande geïdentifiseer.
Tot ongeveer 1500 was Fries die dominante taal in die meeste Friese gebiede. Toe is Fries meer en meer vervang deur Nedersaksies
en Nederlands in Nederland, en in Duitsland eers deur Nedersaksies en later deur Duits. Fries was oorskadu en in grote mate vervang
deur die offisiële tale in administrasie, onderwys en godsdiens. Gedurende ‘n lange tyd het dit sleg gedien as informele omgangstaal.
In die meeste gebiede, veral in die stede, het dit al sy status verloor.
Onder invloed van Gysbert Japicx en die romantiek begon die mense in die 19e eeu weer interesse te vorm vir Fries as spreek- en
skryftaal. Hierdie aktiwiteite is gebundel in die ‘Fryske Beweging’. In 1879 is die dialekte gestandaardiseer, met as gevolg dat in die
twintigste eeu Fries as tweede taal in Nederland is erken. Dit was toegelaat in die hof en in die laere klasse van die laerskole. In
Duitsland egter, het die Friese dialekte terrein begin verlies. Die meeste kan as 'bedreig' gesien word, enkel dialekte is amper
uitgesterf, dit als ondanks groeiende aandag, status as offisiële streektaal en versigtige edukatiewe atiwiteite.
Aantal sprekers
Friesland het meer as 600,000 inwoners, waarvan 450.000 Fries kan praat. Vir ongeveer 350.000 is dit die moedertaal. Die aantal
sprekers in aanpalende gebiede in Groningen lê waarskynlik rond die 3.000. ‘n sosiolinguïsties ondersoek uit 1994 het aangegee dat
94% van die hele Friese bevolking Fries kan verstaan, 74% kan dit praat, 65% kan dit lees en 17% kan dit skryf. Die sprekers van
Fries vorm ‘n (grote) meerderheid op die platteland, en ‘n (hele kleine) minderheid in die stede, op die Wadde-eilande en die
Stellingwerwe (waar van oorsprong ‘n Nedersaksies dialek gepraat word.) Friese bewuswording en ‘n offisiële status in Saterland
begin werk; die aantal sprekers daar word ingeskat op so 'n 2.000, maar lyk te groei.
Van ongeveer 156.000 inwoners van Noord-Friesland praat daar ongeveer 50.000 Fries.
Status
Friesland is al sinds ‘n aantal desennia deur die Nederlandse owerheid as tweetalige provinsie erken. In 1996 is die Europese
Verdrag vir Regionale en Minderheidstale in Nederland geratifiseer, waaronder Fries volgens hoofdstuk III (48 opsies vir
taalbeskerming) erken is. In 2001 is ‘n Konvenant Friese Taal en Kultuur tussen die Nederlandse owerheid en die provinsie Friesland
gesluit. Hierdie dokument is die implementasie van die boogenoemde Europese Verdrag. In 1995 is dit offisieel toegestaan om Fries
te praat in lokale en provinsiale byeenkomste. Sinds 1997 is ook offisieel toegestaan om Fries te gebruik vir die hof, alhoewel dit al
oogluikend is toegelaat. Deur ‘n aantal wetswysiginge in die laatste jare is offisiële stukke in Fries vrywel altyd regsgeldig. In 1980
was Fries ‘n vak op die laerskool, in 1993 ook in die eerste vyf jaar van die hoërskool. Al in die jare sewentig was dit moontlik om
Fries as eksamenvak te kies. Die provinsiale owerheid en diverse munisipaliteite het sinds kort begin met aktief taalbeleid. In die
laatste tien jaar is daar nou vier plattelandsmunisipaliteite waarin die offisiële plaasnaam die Friese is. Amper al die munisipaliteite
op die vasteland het tweetalige plaasnaamborde. Ook in Duitsland is die Europese Handves vir Streek- en Minderheidstale
geratifiseer. Die federale owerheid en die betreffende deelstaat (Land) en regionale oorhede is verplig Fries te beskerm en die gebruik
daarvan aan te moedig. Egter, die feit dat in Duitsland Fries in kleine, onderling sterk afwykende enklaves word gepraat, en dat
daar geen standaardtaal bestaan nie, is baie lastig. Vir ‘n verbeterde kommunikasie en begrip tussen die Friese variante in
Noord-Friesland, streef enkele aktore daarnaar om Frasch, die vastelandsdialek van Mooring (Bökingharde) te laat dien as
lingua franca vir heel Noord-Friesland.
Publieke dienste
In die algemeen kan Fries gepraat word met publieke outoriteite. Die provinsie en deelstate het hierdie onderwerp tot beleid
gemaak. Dokumente van die owerheid is egter partykeer in Nederlands of Duits opgestel; Friese of tweetalige dokumente is seer
seldsaam. In die hof is dit al die partye, inklusief die gedaagde en die getuie, toegestaan Fries te praat. As dit nodig is, kan daar ‘n
tolk ingeskakel word. Die kantongeregte aksepteer Friese tekste, maar dit kan probleme oplewer by eventueel hoër beroep.
Friese dokumente is nie wetlik bindend nie. Verder is (plaasnaam)borde in Fries, respektiewelik Nederlands/Duits of tweetalig,
afhanklik van die keuse van die betreffende munisipaliteit.
Onderwys
Daar bestaan in Friesland ‘n klein aantal kinderopvangplekke waar net Fries word gebruik. Sinds 1980 word Fries op al die
laerskole gegee. Op ongeveer 80% van hierdie skole word Fries ook in enige mate as lestaal gebruik, naas Nederlands. Geen
enkel onderwys is heeltemaal in Fries nie, maar daar is sewe laerskole waar ‘n eksperiment met ‘n drietalige skool word uitgevoer:
Fries, Nederlands en Engels. Op die hoërskool is dit ook moontlik om Fries as lestaal te gebruik, maar dit word amper gedoen.
Fries is hier een van die eksamenvakke waartussen studente kan kies. Vanaf 1993 is Fries ’n verpligte vak in die eerste jaar van
die hoërskool. Die twee onderwysersopleidinge in Friesland is dit ook verplig Fries aan te bied aan hul studente. Daar bestaan ‘n
beleid dat al die studente soms Friese lesse moet bywoon. Hierdeur is hulle gekwalificeerd om Fries te gee op laerskole.
Onderwysers vir laerskole het wel wat meer vooropleiding nodig om die vak te kan gee. Daar is bowendien ‘n groot netwerk van
Friese lesse in die volwassene onderwys, met meer as duisend studente.
Sommige Duitse skole in Friessprekende gebiede bied in enige mate skool aan in Friese dialekte. Studies Fries word in Duitsland
aangebied aan die Nordfriisk Instituut (Noordfries Instituut) in Bredstedt (Bräist), en aan die universiteite van Kiel en Flensburg.
Media
Jaarliks word 37 uur Friese televisie op die nationale TV uitgesend: elke sondag ‘n half uurtjie (op Ned. 1) en 20 minute per week
vir skoolradio en skooltelevisie (elke woensdag). Die regionale sender "Omrop Fryslân" (Omroep Friesland) send elke dag een uur
TV uit (dit word dan die hele aand herhaal, en ook eenmaal die volgende oggend). Omrop Fryslân send ook nog eens 80 uur
Friese radio per week uit. Daar is geen krante, weekblade of maandblade wat heeltemaal in Fries verskyn nie. In al twee provinsiele
krante verskyn slegs sporadies artikele in Fries, wat allemaal gaan oor kulturele sake in die provinsie. Wel word Friese sitate in al
die artikele (mits aanwesig) in Fries weergegee.
Daar is ‘n redelik groot literêre produksie. Daar is een professioneel Fries teater, wat redelik baie besoekers trek. In die meeste plekke
kom daar amateur dramagroepe voor, en ook in Duitsland kom amateurteater in Fries voor.
Outeurs: Reinhard F. Hahn en Mathieu van Woerkom, 2002
Vertaler: Stefan Lubbersen, 2003
Meer informasie: http://www.lowlands-l.net (Klik op “Resources” en op “Links” of “Offline Material”.)