Taalgroep
Indo-europees / Germaans / Wesgermaans / Nederduits / Nederfrankies
Gebied
Tot die Brabantse dialekte behoord die dialekte wat gepraat word in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant en die Belgiese provinsies Antwerpe en Vlaams-Brabant. Natuurlik volg die isoglosse nie presies die provinsiegrense nie. So ken Noord-Brabant drie deelgebiedjies waar die mense nie-Brabantse dialekte praat nie, nl. die Weshoek rondom Dinteloord, wat meer Hollands is, Budel en die gebied rondom, wat Dommellands (i.e. Noordwestelik Belgies Limburgs) is en die Land van Cuyk, waar die mense Klewerlands praat en wat dus meer aansluit by noordelik Nederlands Limburg en suidoostelik Gelderland. Bowendien is daar enkele oorgangsgebiede waar die mense geen presiese grens kan trek nie: in die noorde van oostelik Noord-Brabant lê die Bommelerwaard en die dialekte daar lyk amper soos die Brabantse dialekte in die suide van die Maas. Vlaams-Brabant en dit grens in die weste aan Oost-Vlaams; in die oorgangsgebiede, die Denderstreek, praat die mense amper ’n dialek gelyk aan Brabants. In die ooste grens Vlaams-Brabant aan Belgies Limburg; in die oorgangsgebiede, die Geteland, praat die mense ook weer ’n dialek amper gelyk aan Brabants. Vir die gemak hou die mense in hierdie drie moeilike gevalle maar die provinsiegrense aan, maar dialektologies is dit nie heeltemaal korrek nie.
Belangrike Brabantse dialekkenmerke is die dotjies, verkleinwoordjies met -ke en voornaamwoorde in die 2e persoon met g- (ge, gy, gellie).
Geskiedenis
Die belangrikste rede hoekom Brabantse dialekte nog nie as minderheidstaal erken is nie, is omdat Brabants ‘n groot bydrae het gelewer aan die vorming van Standaardnederlands. In die 14e en 15e eeu was Brussel, Megele en Antwerpe saam met Gent en Brugge die mees invloedryke stede in die Nederlandse taalgebied maar toe in die 16e eeu ‘n standaardtaal vinnig ontwikkel het, is die swaartepunt van Nederland in die tussen tyd naar die noorde verplaas. Na die val van Antwerpe (1585) in die Tagtigjarige Oorlog tussen Spanje en Nederland het ongeveer 150.000 Vlaminge en Brabanders naar die noorde gevlug. Daardeur bly ook na die 15e eeu die invloed van dialekte soos Antwerps in Standaardnederlands groot. Amsterdammer Joost van den Vondel was ‘n kind van Antwerpse vlugtelinge.
Let wel dat dit hier oor Brabants gaan uit die stede van die provinsies Vlaams-Brabant en Antwerpe. Die weste van die provinsie van Noord-Brabant het in die sestiende eeu amper geheel onbevolk geraak deur die oorlog. Later is dit opnuuw bewoon deur mense uit die suide, wat nou die provinsie Antwerpe is. Die dialekte van die ooste van die provinsie Noord-Brabant het amper niks aan Standaardnederlands bygedra nie. Nie al die Brabantse dialekte maar slegs ‘n paar Suid-Brabantse stadsdialekte het dus ‘n groot bydrae gelewer aan die vorming van Standaardnederlands.
Aantal sprekers
Die aantal sprekers is nie bekend nie.
Vir vergelyking: die inwoner aantal van hierdie beskrewe gebiede is ongeveer só:
· Noord-Brabant: 2.355.300
· Antwerpe: 1.640.966
· Vlaams-Brabant : 1.014.704
Status
Brabantse dialekte word nie as minderheidstaal erken nie. Omdat daar ook geen sprake van standardisering van Brabants is nie, aandag vir hierdie dialekte in onderwys of gebruik van Brabants in formele situasies.
In 1999 is daar ’n referensiespelling ontwikkel vir al die Brabantse dialekte, saamgestel deur verteenwoordigers uit Noord-Brabant, Antwerpe en Vlaams-Brabant.
Kutuur
In ‘n paar gebiede is daar ‘n deeglike tradisie van kabaret en musiek in die dialek sigbaar; met name die Meiery van 's-Hertogenbosch, die stede Antwerpe, Megele en Leuwe en die Pajotteland (Brussel en die aangrensende weste) ken baie voorvegters van die dialekgebruik. In ander streke, soos die ooste van die provinsie Antwerpe, die land van Heusde en Altena en noordwestelik Noord-Brabant, is die tradisie amper nie aanwezig nie.
Outeur: Jos Swanenberg, 2002
Vertaler: Stefan Lubbersen, 2003
Meer informasie: http://www.lowlands-l.net (Klik op “Resources” en op “Links” of “Offline Material”.)